Excerpt for Om te onthou by , available in its entirety at Smashwords

Om te onthou


Chantal Pretorius



Vir almal.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie.

Teks Chantal Pretorius

Publikasies: Smashwords Selfpubliseerders.

Omslagontwerp: Chantal Pretorius

Proeflesing: Chantal Pretorius

Geset in 12 Arial pt.

Eerste uitgawe 2017



Wat is meer verheffend en veredelend as die hart wat so volkome vertrou dat hy alles op die spel plaas ter wille van God se wil?

John Henry Newman.



Inhoud


Alles oor die liefde


Liefdeskoors 1

Liefdeskoors 2

Vergeet alles!

Pasop!

Valentynsdag 1

Valentynsdag 2

Sing ’n lied

Tuinblomme

Net liefde vir jou

Koud

Versoen 1

Versoen 2

Skaamteloos

Liefde

Eiland

Diere liefhebber

Fotoalbum

Identiteit

Seeskulpe

Huisie by die see

Liefdesbrief 1

Liefdesbrief 2

Liefdesbrief 3

Skuldig

Vat my hart

Vat my siel

Neem my hand

Spieëltafel

Aanlyn bedrieg

Modelmooi

Laaste skildery1

Laaste skildery 2

Portret

Die roos

Om verlief te wees

Wees lief vir jouself!

Verlore voetspore op die strand

Liefde is vir altyd!

Ware liefde...

Haatspraak

Wees lief vir jou ewebeeld

Rome 1

Rome 2

Liefdesverhaal

Kyk in my oë

Pot vol liefde

Bakker

Gedig

Slegte appel

Semi-soet

Blou Maandag 1

Blou maandag 2

Seeperdjie

Seepêrels

Lief en leed

Jack se gramskap

Liefdessindroom

Dis die lewe

My laaste gedagte

Dankie!


Wat is liefde?


Die hart van liefde

Kosbare liefde

Engel

Onveilig

Die mantel

Lamshart

Glashart

Liefde vir ’n dier

Kupido

Moeder

Soet

Doodsroos

Soen my


Maskers van die lewe...


Dans

Donkerbril

Onskuld

Sondag

Potlood-skets

Die Nagmaal

Ewebeeld

Bloed en water


Om te onthou...


Droomsee

Robbeneiland

Rust De Winter Dam

Wanneer die wolke val

Tranedal

Om te hengel

Blinkers

Hemel

Kampvuur

Die boek


Jy is net ’n mens!


Lag

Iemand

Gedagtes

Wit op swart

Sondebok

Geluksgodin

Drome

Patrollie

Vrede

Verbeeldingsvlug

Vreesloos

In die kombuis


Stille dag


Mama Afrika

Die huis

kos

Houtkis

Swart roos

Standbeeld

Feestyd


Stille nag


Soetdoringboom

Seisoen

Pou

September

Sonlig

Maanlig

Ons land

Engel vlerke

Skoenlapper

Spinnekoppe

Die natuur

Stille nag

Dolfyn

Dankbaarheid



Alles oor die liefde



Liefdeskoors 1


Dis ek en jy;

die aarde

die strande...

seestrande;

in die blou see

is ons

liefde in gevee



Liefdeskoors 2


In my hart

is daar niks boos

net ware liefde

vir my kroos.



Vergeet alles!


Vergeet alles wat my pla;

in my jonger dae

het net liefde

bestaan

ja.



Pasop!


Huis, paleis

pandok of varkhok...

’n man is ’n bok;

pasop!

Hy gaan jou liefde

net wegskop!



Valentynsdag 1


Dis valentynsdag...

wat ’n pragtige dag;

onder die reënboog

lag my hart,

dit blink,

ons liefde

sal nooit sink, soos ’n skip

waarop

liefdelose mense in haar

verdrink.



Valentynsdag 2


Dit gee my krag

vir ’n nuwe dag

om vir jou te sê

dat ek

jou sommer baie liefhet!



Sing ’n lied...


nie in verdriet

oor liefde

dis ons sin...

wat alle onheil oorwin.



Tuinblomme


Ek kry die geleentheid

om my tuinblomme

mooi te aanskou

dis waarvan

ek hou;

nie berou

oor jou;

jy’t

met my

buurvrou gaan trou;

nou

behou ek my eie beloftes:

my liefdesblomme

ken geen sondes.



Net liefde vir jou


Ons ken net liefde;

niks kan bygevoeg

of weggelaat word nie.


Ons is getrou

met mekaar

in alle dae, tye

saam.



Koud


Benoud is my gevoelens oor jou,

liefde, koud

gedagtes; hart

soos brandende hout.



Versoen 1


Liefde:

is wat mense bind

ons kan... mag

daaroor sing;

wanneer ons ou geliefdes

weer versoen

na jare sonder kontak maak

is dit ’n ander saak;

sal ons weer ons vriendskap

’n kans gee om te blom,

die vergete dae weer

op te som

in somer dae

net so...

bymekaar.



Versoen 2


Om te vergewe

is om weer mens te word

solank jy jou blerrie shit

uitsorteer!



Skaamteloos


In my tuin

gee ek jou ’n pienkroos

skaamteloos

soen ek jou

dit proe na

strawberries...

my klein merrie;

kom kuier

soen my nog

blerrie!



Liefde


Dis laataand;

sterretjies blink

die atmosfeer;

ek,

eintlik hartseer

oor al die bevindings

wat plaasvind

wanneer ek dink

aan jou,

om jou by my te hou...

vas te hou, met liefde.



Eiland


Ek staar op na die hemel

dis wolkloos;

pragtig koningsblou;

my voete vas op Moeder Aarde

dan,

kyk ek om my rond

alles is perfek geskape;

ek’s naby die natuur

op ’n eiland

waar ek my hart

gaan verpand.



Diere liefhebber


My liefde vir diere

strek verder

as my beursie wat dolleeg is...

dit laat die rykes

sommer sug;

geld, besittings

om suinig te wees

is al wat hulle is.



Fotoalbum


In die sitkamer

ontspan ek myself met ’n

koppie koffie,

soet, in die hand;

op die houttafel

lê my fotoalbum oop;

ek kyk alles mis

huil

oor die verlede

nooit vergete

vir niks is ek lus,

net een foto vir my

die een alleen, by die kus.



Identiteit


Vergeet van jou identiteit,

verkies die liefde

voordat alles...

jy of hy

dit by die agterdeur uitsmyt.



Seeskulpe


Skemeraand

gaan stap ek

op die seesand

langs die see

waar branders plof-plof

teen bruin rotse vas;

skuim...

versuim

saam met die wind

se onderwater kinders.



Huise by die see


My klein huis

is gemaak van eikehout;

is gebou op die heuwel

naby soutpilare

in die skare

mensgemaak deur liefde



Liefdesbrief 1


my man

jy’s my held;

skryf altyd vir my

’n soetsappige minnebrief,

dis waarom

ek lief is vir jou.

Sal jy met my trou?



Liefdesbrief 2


Onderdanig

is ons aan mekaar

en

altyd daar...

ons liefde verstaanbaar,

ja.



Liefdesbrief 3


Ons liefde word neergeskryf in ’n brief,

my lief...

jy’s my hartedief, so skryf vir my

jou brief,

asseblief!



Skuldig


Ek’s nie skuldig aan verkul nie;

elke persoon het hul eie wil,

ek’s wel skuldig omdat ek mense liefhet;

vertrou

ken; respekteer;

dit sal ek altyd onthou.



Vat my hart


As die lewe ’n sprokiesverhaal was

sou ek jou my hart gee,

verniet

binne is daar geen verdriet,

ons roman-verhaal

elke sin

elke woord

gedeel,

tussen ons

kosbaar;

baie spesiaal.



Vat my siel


Vat my hart

vat my siel

moet hom net nie verniel,

ook nie verhard...

trane in my oë, is sopnat.



Neem my hand


Ons sit aan tafel

bid vir ons Nagmaal;

daar’s ’n engel

langs my,

ons is bly; trots

dat God sy kinders sal verlos

van die boosheid;

seën met liefde...

vir altyd.



Spieëltafel


Ek sit, ontspannend

by die spieëltafel;

smeer my grimering aan,

dink aan alles wat my so pla;

gaan nie toelaat dat al hierdie

negatiewe gedagtes

my inhaal nie.



Aanlyn bedrieg


Jy moet seker geestelik siek wees as jy dink dat ek

heeldag voor die rekenaar sit

wyn drink;

peanuts vreet soos ’n barbaar elke uur

elke minute lees,

oor jul gekla oor elke dag se bestaan,

dan moet jy seker crazy wees.


Nee!


Ek’s net lazy, bedrieg aanlyn

gewone mense met my valse gesigblad;

maak of ek lief is vir

seehaaie, swart kraaie,

eintlik,

is ek mal, eensaam

as jy maar net weet...

mag jy daaroor kla.



Modelmooi


Gooi my maar met hooi,

wat die varke vreet;

ek’s abnormaal;

ook baie intelligent

jy raaksien my op die straat

T-hemde, broekies sal ek graag dra,

solank die vrouens hul rokkies hoogmoedig dra;

kan ek oor niks kla

modelmooi is my ma;

ek’s ’n nancy...

nie fancy;

nouja

tekkies, nie sandale sal ek altyd dra

en

vra net wie ek is,

een dag

na my twee-en-twintigste model jaar

gaan jy my mis;

met liefde onthou,

nie met haar gedagtes uitwis

of

oor my bestaan rou.



Laaste skildery 1


My kanker

laat my nie toe om my

gunstelling

hobbie te doen nie;

ek’s besig om dood te gaan

saam met die kleurskemas van my

patetiese lewe;

my hart altyd alles onthou...

nie berou oor my verlede.



Laaste skildery 2


Na ’n lang siekbed,

herstel ek

sukkel-sukkel

in pyn en lyding

drink ek

in vrede my rooiwyn

tot dat

dit tyd geword het vir

my

L a a s t e

s

k

i

l

d

e

r

y



Portret


Ek neem die wit doek

ek tel op die palet

ek begin te verf

dis baie pret

die


geskilderde ewebeeld van

my

in kleur;

siel vasgekeur in

portret.



Die roos


In my besonderse tuin

plik ek vir jou ’n roos

omdat ek jou liefhet...

jou wil troos

wanneer die lewe se struikelblokke

jou gedaan maak.


Onthou net,

ek’s altyd daar

jy moet net vra,

darling.



Verlief


En verlore

tussen die dorningbome;

onder die marulaboom

gebore

getoor

getroos

met ’n roomwit liefdesroos.



Om iemand lief te hê?


Jy kan nie iemand liefhê as jy weer wraak

in jou hart versteek nie,

net so kom die

waarheid altyd uit;

leuens,

het kort beentjies...

dit haal jou altyd in

as jy lief is vir jouself;

lief is vir jou held

nie vir geld...

is jy almal se pel.



Verlore voetspore op die strand


Toe ek een laat middag

op die strand

gaan draf,

het ek omgeswaai

na my eie skaduwee

in die seesand gestaar

dit was wonderbaarlik

daar;

my voetspore, weg

God was reg?

Hy volg ons soos ’n skaduwee;

bly aan glo,

klou vas aan jou gebed;

dis al wat jou gaan red!



Liefde is vir altyd!


Wat jy saai

sal jy maai

en

dis wat die liefde is:

kommunikasie

is baie belangrik in ’n huwelik;

liefde is vir altyd

solank

jy bereid is

om jou kant te bring

oor die liefde kan sing.



Ware liefde...


Is nie ongeduldig nie

selfsugtig,

selfs onregverdig nie;

dis wel

mededeelsaam

eerlik; opreg

sonder ware liefde

is alle respek weg.



Haatspraak


In die land van minerale

ontstaan baie haatspraak;

hul houdings astrand;

tafelmaniere

barbaars;

laastens,

bly hul woorde arrogant;

vyandig,

altyd met ons in die

land.



Wees lief vir jouself


Gaan kyk vir jouself

in die muurspieël.


Wat sien ky raak?


Jou skaduwee dalk.


O nee!


Probeer weer...

wat God geskape het,

ja

welgedaan!


Alles is waar, ja.


God het alles gemaak.



Rome 1


Dis die jaar 1540,

Rome...

is in Europa,

geen doepa

is hul liefde;

al wat die romeine ken

is leeukuils

waarin hulle my hart gegooi het;

steeds bly ek sterk

glo in ons liefde.



Rome 2


Om my nek

hang ’n string pêrels

wat my kêrel

vir my gekoop het

in Rome,

gevul met drome.



Liefdesverhaal


In die biblioteek

neem ek ’n boek

dis oor ’n liefdesverhaal...

in die boek

gaan dit oor ons

en

die skintertonge binne

gons oor ons...

affair.



Kyk in my oë


Daar’s ’n versie in elke digbundel.

Daar’s ’n kersie wat altyd brand

wanneer ek op die seestrand loop,

langs stil branders

wat nie eens

my voete raak nie;

as ek in die

blou see kyk

gewaar ek my refleksie daar;

dis my tweeling...

oorlede...

my siel

herken

my nie meer nie;

dis net my oë

wat bewys ek’s nog mens

na elke aaklige mislukking

wat die lewe my kan bring

sal ek sing oor al my

oorwinnings!



Pot vol liefde


Elke skewe pot

het sy deksel;

miskien

dit net êrens neergesit

dolleeg,

soos ’n hart in die sand

wat

geen liefde ken nie,

net hartseer;

verlange oor die verlede se dinge

instede van ooit

jou maat vind,

my slimkind.



Bakker


Ek is ’n bakker;

dis my hobbie...

my lief,

jy verdien meer

as net gemmerkoekies in die lewe;

die blik is leeg...

ek rol uit weer die deeg

om trane van liefde

in die mengsel te gooi

saam is die resep;

sonder jou...

is niks meer pret!



Gedig


Ek,

skryf die gedig

om jou

in te lig

hoe ek voel

oor jou

my man...

jou liefde

is

kosbaar;

altyd daar

vir my,

daarsy...

nou’s ek sommer vry,

en

bly

oor my gevoelens;

dit sal altyd

in my brose hart

bly!



Slegte appel


Die slegte appel

val nie ver van die boom af nie

sing die duiwe

in ’n koor;

toor

my jaloesie

na ’n liefdesroos.



Semi-soet


Broos is my hart vir jou;

nie vandag, in elk geval

sal jy met my trou?


Al berou ons oor al die argumente

belasting/sente

wat ons moet bemors

op gemorskos,

sonder om te dink aan jou,

my vrou;

ons liefde...

is nie soos sout,

eerder

semi-soet;

sal ek alles moet boet en

prysgee

wat met liefde rym,

ag shame...

jou woorde soos die see

vol skuim

my liefde vir jou vol pyn

so suip ek aan my witwyn

om nie aan jou te dink nie,

mannekyn.



Blou Maandag 1


Is die aakligste dag van die week

dis iets terribels wat ek elke

Maandag vir jou wegsteek

as jy dit maar net weet

sal jy my

liefdesvrese verstaan

nooit my weer

alleen agterlaat.



Blou Maandag 2


Staan op aandag

wanneer ’n blou

Maandag

jou tref.



Seeperdjies


Ek,

sit en bekyk na die ligblou seeperdjies

wat my

enkelbed versier,

sonder egte water, sand, seeplante

of

enige ander lewe,

dis net my beddegoed

waarop ek sit,

sommer nou die see mis

verdomp!



Seepêrels


Marie,

verlaat haar huis;

besluit

om vir ’n

kort rukkie

te gaan draf,

daar waar sonsondergange

soos meesterstukke lyk;

golwe

sag, sensueel

jou voete raak –

dit net skrik natmaak

daar waar ek oor al my probleme

kan praat.


En.


Seemeeue

hul vlerke spry

na waters van rus, vrede,

en

waar God se teenwoordigheid

jou vry laat voel;

sy’s waar sy

moet wees, naby die see;

haar hart God se skeppings...

alles onskuldig begeer.


Lief en leed


Rooi hakskene

kan jou in groot

moeilikheid laat beland,

as tiener;

wanneer jy grootword

verander jou hele lewe

drasties

in ’n oogwink;

liefdeslewe sink

sonder ’n waarskuwing

of twee;

die liefde

sal ek en jy altyd

weer probeer...

nog ’n keer!



Jack se gramskap


Jack

sit in die bar;

probeer sin te mak

oor elke dag se bestaan;

hy voel misluk

oor al sy huwelike;

dis sommer iets om oor

te tob.


Hy drink nog ’n dop

om oor die skok te kom

dat sy liefde vir vroue

vals is,

eintlik

is hy

net vol nonsense oor sy keuses

niemand kan daaroor stry;

met vrouens

kan hy net mee baklei.



Liefdessindroom


Om iemand werklik lief te hê

is om baie geduldig te wees

as mens...

is dit jou plig

om liefdesbesighede

op te rig

so, gaan praat met jou lewensmaat

of

vra vir raad oor liefhê

dis mos wat jy regtig wil hê!



Dis die lewe


Dis die lewe

dis my lot

dis hoe elke mens

sy eie lewe

self uitsort.


So sal ek vergaan

in jou gedagtes, tog

altyd bestaan

liefdeswoordjies

opgaar.


So,

dis die lewe

dis ons lot

elke een het sy eie

boat,

om mee te float.



My laaste gedagte


As ek kon

sou ek wou ontsnap

uit my eie verbeeldingsreis

na

paleise, weelderige huise,

nee...

eerder ’n boomhuis

op gebou van

sand, water en stene

so wanneer dit reën

val die druppels op my kop,

en

ek

sopnat

oor God se weinige trane

oor die aarde wat Hom en myself

in die skande gesteek het,

net vir minerale

van die aarde

wat my gedagtes omkrap met besittings

wat lastig geword het;

in die donker

is ek weer vry, langs my houtbed;

sonder ewige liefde

sonder jou...

sal my hart altyd net berou oor nou!



Dankie!


Vir jou

wat op my vertrou

met alles!


Jou ware liefde

sal ek altyd behou...

ook vertrou in tye van nood

bid ek nie vir brood;

eerder

om jou in my

kloppende hart te

onthou!



"Beauty is how you feel inside, and it reflects in your eyes. It is not something physical."


Wat is liefde?



Die hart van liefde


Is dit soos ’n bak vol roomys soet en smaaklik wat jy met liefde verorber.

Of soos ’n roos in die tuin wat die lug vul met die geur van liefde.

Of is dit soos die aangesig van ’n sonsondergaan wat sy vleklose kleure jou vul met godelike vreugde vir sy skepping.


Is dit liefde?


Wanneer ek voor sonsopkoms in die bed lê, en na jou kyk en terugdink aan my verlede en na vele wat vir my al gesê het ‘jou lief’. En trane gestort het oor hulle valsheid teenoor my.


Is dit liefde?


Het ek net een ding om vir jou te sê: liefde is nie net ’n ses letter woord nie.

Die hart van liefde vir my is jy... lief vir jou.


Dit is tog liefde!


Kosbare liefde


Liefde bring bitterbessie geure;
glastrane wat skiet oor hartsbegeertes;
ook omkrap stikdonker gedagtes
en verlange ligbruin sandspore.

Bring dit maartlelies te vore,

tulp van Holland;
saam om liefde te kan verstaan,
soms kompliseer, soms irriteer
held se minnebrief... se spontane erotiek.

Is die liefde tog kosbaar?


Ja.


Sowaar!




Engel


So het die wêreld verval;

so sal alles stil vergaan

sal ons liefde bly staan;

alles sal weer herstel

in God se naam,

die engele alles verstaan.



Onveilig


Liefde

is kosbare ure en ’n tranedal ervaring;
vriendskappe verbeter... verhoudings stil vergaan,
terwyl appelbome groei, snoei die liefdesroos kaal;
sterk natuur verkleur, versteen in klip.


Hoor die gedruis; steun-kreun van oorlewing;
roep begeertes nader;

onkruid verdruk roomwit liefde
wat skuil en ons gevoelens verdruk!

So,

trek uit! Trek uit die onkruid!
Liefde het gepraat,

voor môre weer bestaan.


Die mantel


Ek's hier vir jou om wit mantel
om jou skouers toe te vou
sinloos; dinkloos, sal ons liefde
rooskleurig glinster; glo geloof versterk,
geluk doodstil behou en engelmantel
sien vlugtig goud verkleur;
omring met wynrooi baksteenmure,
sowel as satyn kantgordyne;
kamelia, roosmaryn dame-parfuum
wat beskerm, ontverming bring.



Lamshart


Lamshart is wys ouderdom van liefde;
al is ligsiel broos,

sal oë versag,
b
ly dit ons hoeder se geaardheid
soos pienk rose wat troostend verkleur,
wat onder maanlig se doen en late vergaan
oor ons wil beskerm en ontverm word,
ons lamshart tog

verstaan.


Glashart


Lê gebreekte menshart op seesand,
op Stilbaai verwoes gestrand;
tog so foutloos; bloedjonk-onnosel,
het liefde net verblind; glashart verbrou... 
deur jou... simpatie net ’n las;
om ’n brief te pos

besef

verhouding was gemors.



Liefde vir ’n dier (deur Evert Pretorius)


Loyaliteit is waaruit ek bestaan
in my blaffende glimlag
streef ek na ’n bal
my getrouste vriend
moenie van my vergeet
my stertjie waai en swaai.


Waarom so kwaai?


Wees net betroubaar
ek leef net tien yaar.



Kupido


My liefste kupido.
Waar is die pyl; boog?

Skiet my maar in die oog...

My verstand is stikdonker

oor my held se selfdood.



Moeder


Haar hande staan vir niks verkeerd.
Sy het miskien haar geheue vergeet.
Sy het altyd beter geweet.
Ons kinders moet dit nooit vergeet.


My liefste moeder...

jy ken nare ondervindings;

maar bly in ons harte vir altyd

as ons hoeder van vreugde en elegansie.



Soet...


is die liefde;

afgepers tot in die diepte van ’n grafstil dood,

sonder kanse van ooit ontmasker word

dis die liefde...

in nood,

dood.



Doodsroos

Dra die doodsroos van lewe;

dood...

liefde in nood;

ontmasker die silwerblom,

en

onthou jou verlede,

maar vergeet jou drome,

hoop...

alles is doodsvonnise wat siel prikkel –

die bloed van hartpyn,

moord in roostuin geluk vind,

ek verdrink,

in liefde.



Soen my


Een dag op ’n somersdag
gaan ek jou soen...
langs die klein rivierstroom
in ’n ou skuit.

Jou ogies blink;
die kristalhelder glasies klink
donker
rooi semi-soet wyn word geskink.

Ons deel ’n piksoen...
later raak al hoe kwater
wyn verander in bitter water.


Every person has power, it’s just a matter of peeling away the stuff that shadows who we are and, what we are capable of...”



Maskers van die lewe...



Dans


Trek aan die dansers

in pakke

van metaalblou; roospienk;

luister na die gefluisterde stemme

so onheilig is hul gekla

oor die swaarkry dae.


Dra die maskers...

Dans ure, tussen stomende vure,

dan ontbloot jy alles

goed of sleg...

die danspassie is reg!



Donkerbril


Onkunde van kuns;

verlore gedagtes stil onmasker

agter ’n donkerbril...

sonder tranedal;

gejaag na wind vol leuens;

geheime sondes

ontbloot

dis die mensdom se dood.



Onskuld


Voetjies van klei

broei in onskuld dag na dag;

gister is verby

vandag net geleen

môre net nog ’n sonopkoms.


Glo onskuld is in siel;

niks kan dit verniel

of

vernietig nie.


Net verdriet kan pynig in verstand;

in heilige gees skuil.


Wat vrede liefde bring

om onskuld te beskerm

teen die mensdom.



Sondag


Die ontbyt lyk bleek.

Die vrugtesap proe smaakloos.

Die glasblomme lyk outyds.


Dis Sondagoggend...

ek’s stoksielalleen tuis;

by die houttafel is niks gedek,

selfs die breekware blink skoon.


Niemand om te wine en dine nie.


Nou raak dit grafstil in die kombuis...

dis warm en bedompig binne;

in my hart...

Verstand bot, dood;

alleen

ween ek op ’n Sondag

oor al my

hartseer.



Potlood-skets


Wit-swart skets treur

oor geliefde se selfdood;

met hand geteken bewys emosies,

gevoelens is aanvaarbaar

op A4-papier

van sagte roosblare,

tranedalhart gemaak

sonder ’n gemaskerde potlood gesig,

bot.



Die Nagmaal


Bitter-soet witwyn,

proe na asyn;

liefde van vriende, familie, ou kollegas

word deur maskers van die lewe onthul;

smaaklike kos en poedings

word geproe,

maar eintlik is hul vriendskap

koud, kil.



Ewebeeld


Kyk na jouself in die muurspieël

jy’s ’n produk van chaos,

en

jou verlede soos ’n terugblink

van hartseer pyn;

nie produk van jou omgewing nie.


Ek is anders...

Ek is God se kind...

Ek is my ewebeeld in die muurspieël.


Dit laat jou dink?



Bloed en water


In die oorlogsdae was water dikker as bloed;

nou terug by die huis, is bloed dikker as water.


Waarom ontken ons die sterf-getal van soldate?


Meer grafstene word opgesit oor die treur van geliefdes

om te herstel;

silwer-wit doodsoë gloei

saam die gefluisterde wind.


Want bloed is dikker as water,

omdat soldate dood aanvaar.


Allermins water drinkbaar is,

sal familie, vriende

die herinneringe...

net moet verstaan.



Everything has it’s beauty, but not everyone sees it” – Andy Warhol.



Om te onthou...



Droomsee


Ligbruin skuit, ruk-pluk teen rotse vas
hewige donderstorms wel op pad.

Afwagtende blousee skitter pêrels
van raamwerk kleurpastelle; drome.


So trots in potensiaal; tydsame gedagtes
is weelderige seeskuim lowerprag.

Vol selfvertroue...

baie tiener astrant;
witter as spookskuim; seebranders saam.

Verlos dit ons van angs

behou vangs;

inderdaad lyding.


Solank sielsvrede; blombloeisels verskyn
is harte in vreugde...

verdrink in vonkelwyn.


Robbeneiland


Oor toekoms het ons saam klippe gekou, 
bruinstof, klippe laat ontplof.


Dis gekners van tande, bloed;

swepe van verlede;
spookgesigte van stryd,

kosbare tyd.


Stewige hoë- en lae Tafelberg vlaktes
met verkrummelde gevangenis baksteenmure;
geroeste tralies, nie vergete;

bitter onthou...
die gefluister van hoorbare stemme

benoud.


Bring herinneringe te voorskyn in hemelruim.



Rust De Winter Dam


Krieke wat sing, gil, in kringe
oor berge roep; tussen grasvlaktes
skuil ligte geel-groen mis
in atmosfeer: is grys-wit wolke
wat rond dwaal in sielsvrede;
skoenlappers vlieg hoog
oor waterblommetjies;
die sonskyn is sigbaar, so
rooi-oranje getint; in donker skadu’s
fluister lantana onkruidblomme rustig.


Wanneer die wolke val


Blou lug skitter mistig oor berge;
groenigheid verys, plantasies verdof
na droë bruinsand se stof.

Dof is geel-groen grasperk
hunker na hemelruim se vonkel
waar pofferige wolke skyn.

Verkleur natuur na bruin as,
so dapper oor reënval;
wanneer wolke val:

sag, onverwags
sal mensdom voortbestaan?


Sal mensdom alles verstaan?


Tranedal


Wanneer wolke die doustilte
na grys verkleur, sal son agterdogtig 
stil wegkruip; skilderkuns uitbeeld
en waterfonteine silwerrande weerkaats;
helderstrale in hemelruim bewaar;
weergalm grafstil klanke bloeisels 
wolke vorm, maar so heilig
is reënwit tranedal te sien
in asgrys atmosfeer lug, wat
strelend sagte reëndruppels bring.



Om te hengel


Visvang in skuite, bote,

langs pikswart rotse;

dolleeg gedagtes...

klink belanglik verby om te glo.


Vissermanne huil, treur oor haar val;

alles is dood in die see!


Brandende vure en vlamme gloei gramskap uit haar seeblou oë,

besigheidsmanne raak bankrot,

mense lei honger; siele nie vergete,

toe skuite sink in die see,

tussen vure en vlamme

van hartseer,

asgevolg van hewige donderstormweer.



Blinkers...


Wat glinster
soos madonnalelies;
in koue windjie sag uitsprei
laat skitter in donkerblou lug
van sonskyn se goudgeel
blinkers wat silwer ophelder;
na hartstogte kil strewe...

madonnalelies lewe.



Hemel


Skuil skadu’s;
strewe ons na stille sonskyn dae

dis ou herinneringe wat so pla.


Sien engel vlerke, mensharte vashou

vir vredes onthalwe
die mensdom onthou.


Dis engel mag...

Engel prag.


Wat uistrek oor die melkberge...

gelukstrale; sterre skitter in die verte.


Kampvuur


In blokke gekap met die handbyl;
rooi van staal is brandende hout
wat geel gloei, benoud.


Hoe geheimsinnig...


Is kampvuur met vlamme
rondom is klipstoele;

lagstories kortverhale
wat vertel oor geweld; geld
suising wat uitstroom in smeulende vuur;
aandgeluide raak stil

gevul met awendvree
terwyl bruinhout

dwalend donkerte in skree.


Die boek


Engele sing liedere in Openbaring;

psalm vir nasies

se vryheid;

vryspraak oor God se koningryk.


Geen wese word vergeet.

Geen mens word beoordeel.

Almal word onthou in die boek

van lewe en dood.



Wees ’n reënboog in iemand anders se lewe.



Jy is net ’n mens!



Lag


Jou lag het saam met die wind gewaai...

Daar waar Afrika-boere saai, maai,

laat waai met ’n reënboog.

Jy’s net mens...

dis die ding

so sing,

sing!


Iemand


Wees altyd vriendelik met jou vyande

wees eerlik in blydskap

wees meer as ’n vriend;

God is die sonskyn, hemelruim;

alles elke dag

is prag.


Elke sonde word getel;

gepleeg,

maar wanneer donkerte intree,

sal jy my styf vashou?


Ek’s jou geesgenoot

klein grootmensie

in onskuld gebore...

in onskuld dood.



Gedagtes


Ons gedagtes word ons woorde,

ons woorde word ons dade,

geen wysheid;

ons dade word ons gewoontes,

ons gewoontes vorm ons karakter,

alles is aanvaarbaar...

aanpasbaar vir oorlewing,

ons karakter bepaal wie ons is,

eindelik

is jy wat jy dink jy is!


Alles lê in jou gedagtes.



Wit op swart


Verlore in gedagtes;

kindslim;

verveeld is dagboek

van potlood-sketse;

wit op swart is die papier,

maar nog kind

maar nog flees

bloedjonk van gees.



Sondebok


Hangkas sing

van gekleurde maskers;

onlangse gebeure

is vaalweg net koue herinneringe.


Maar die sondebok...

rus in die sonkamer;

haar hart kloppyn oor leuens;

jaloesie...


Sondebok sal sy sterf

hiernamaals toe gaan

onskuldig.


Sy’t klaar gepraat!



Geluksgodin


Die rooitapyt is uitgerol;

dansende vlinders fladder rond.


Verander in geluksgodin,

sy kry altyd haar sin.


Die rooitapyt is uitgerol;

sy’s elke man se doll.


Verander weer in vlinders van goud

geluksgodin, kan jy maar hou...



Drome


’n Beeldskone jong vrou

droom van hoop; 

dorpies omkoop
van baie dood,

dan weer droom sy
van die engel;

van die vrou
om te onthou.



Patrollie (deur Evert Pretorius)


Stil, stil...
loop die voete val
kyk die kronkel pad
loop op die kant
nie op los sand.

Kyk die spoor
moet nie verloor
volg hom nou
gou-gou.

Hou oë op die bos
hy loop los
sluer as ’n vos
geen spoor meer gelos.

Wees op jou hoede kammaraad
die vyand is voor
moenie jou lewe verloor
ons as een, my kammaraad.

Skoot wat knal
hier begin die hel
val plat my maat
anderste is dit te laat

Vyand onder die boom
Skote wat knal
Dit maak ons mal
Dit is net ’n droom.

Flits van gewere wat vuur
die dood in hierdie uur
gooi die bom
laat hulle kan omkom
stof en rook
geweldige slag 
waar is die bom
vernietig met krag.

Geen vyand in sig
een dooie op sy rig
aande gevlug
oorlog is geen klug.

Lewe van ’n troep is swaar
dit is alles waar.
Tot ons weer huistoe gaan
Sielkundig gedaan.



Vrede


Rustig en pluis

hunker siel na selfvertroue;
verstandig

om melodie van sielsvrede
’n lewenslied vrylik te seën
in vetroue leef;

na liefde streef;
na wyse verassings

van siel oorleef.



Verbeeldingsvlug


Naby verbeeldingsvlug is engele;
maanlig emosies; geblomde sonbesies
donker,

onverwags kom vrees snags,
onskuldig naïef;

ryk die bloedmaan

diamante van krag,

naby maanlig

wat aarde verhelder

waar skadu’s grafstil skuil;
Antartika se grys-wit wolwe

kwaadaardig huil.


Vreesloos


Verheerlik alles wat asemhaal;
engele prewel sag geluide van ringnek duiwe.


Geskape met wondersoete glorie
se vreeslose gevare in die skare.


Bevry van skuldgevoel;

alles, so onskuldig bedoel.


Gedagtes glansryk,

wat lentereën stil
in oggendmis,

drome wel bewaar;

vrese bedaar.



In die kombuis


Vars, is die kos in die kombuis;
buitekant groei die speserye
van tiemie, mint en lemoenblare
om die kospotte op te tower,
met geure van wyn
saam is die asyn;

die tafel word gedek

niks nou beperk,
net breekware, gekleurde kerse
word die dekor,

dan die mense
wat smul aan disse; nageregte
van roomys na koeke

alle resepte,

uitgehaal...

uit boeke.


Bietjie fantasie vir die siel, gaan ’n lang pad.



Stille dag.



Mama Afrika


Rose ongewoon wat blom in tuin,

tog
hunker na styl met stewige stam;
sagte olyfblare blom reuke van
hemel-parfuum huiwerend,

kan
rose harte sag smelt...

Mama Afrika
rose,

wat vroom haar liefde strooi,
dis so mooi.



Die huis


Sinkplate, waterkrane...
sonder ’n waterdruppel wat drip
net kampe van rommel opgerig;
van klei opgebou.


Kos


Raai, raai!
Sê die swartkraai.
Glad nie rond
ook nie bond...
kom uit die oond!
Volrond met dadelsmaak,
vir die kenners se smaak;
net die kok, kan so ’n kababel maak!



Houtkis


Verlore in die hiernamaals;

staan houtkis op brandende altaar;

word kadawer veras,

engele verras met siel;

in sewe hemele verwelkom,

sonder houtkis...

se ou herinneringe,

word bejaarde, nou altyd onthou.



Swart roos


In die duister

vonkel swart roos

silwer-wit in sonnestelsel;

komete blink soos die reënboog...

swart roos koor by begrafnis op graf.



Standbeeld


Graniet standbeeld

staan regop in begrafplaas

omring met hoop, liefde;

treur oor geliefdes in daglig,

treur oor niks;

dis mense se plig.


Standbeeld staan verlore;

fluister met doodstem...

stil.



Feestyd


Liggies blink kleure in maanlig; ophelder donkerte
van groen, pienk- en blou, word elke jaar onthou.

Oor wêreld versprei met koperelektrisiteit;

komete...
met linne, strikke, wat geluk, liefde invou.

Gloeiende kersballe by feestye vertrou,
oor berge is alle vierings onthou.

Feestye sal in vrede baljaar...

prag aanstaar;
kosbare tyd altyd daar.



Dit is ons keuses wat wys wie os werklik is, veel eerder as ons vermoëns. - JK Rowling



Stille nag



Soetdoringboom


Jou droom is om te troos
bring donker skaduwees;
vars suurstof in helder lug
laat bobbejane daarin skuil
wanneer leeus wil aanval
en voëltjies hulle groen
nessies veilig daar bou
om giftige slange weg te hou
geelpoeierblomme lyk soos
betowering van geelliggies;
soetdroringboomblare sag omvou.



Seisoen


Die son kom op in die ooste
sak weg in die weste;
maanskyn verhelder in die noorde
sak in stilte in die warm suide;
die son...

is in die atmosfeer;

nuwe seisoen kom weer.




Pou


Pou:

met kleurvere vol oë; 
skatryk, glansryk;
wêreldberoemd gekroon,
minder hoogmoedig;
bronskleurig geskape
 
van koningsseëninge;

om skoonheid te aanskou
van die pragtige pou!


September


Septembermaand is lentereën;

vurige seëninge...
bevry van onweer.
Gelukkig daarby

is lentebloeisels pragtig;
vroom gesiggies in boepens wolke;
Septembermaand reënboog is sigbaar;
in lug met sterreligte van genesing,

hoop daarby...

kalender vry!



Sonlig


Die gloei van môre sing;

dans.
Wat wandel in die strate;
straal.

Sodat ons harte
optower.

Wat ewig sal bestaan
drome;

wense bewaar.



Maanlig


Skaam is refleksie

daar...

skyn op

Afrika.



Ons land


Sonstrale skitter

goudbruin
van verlangs oo
r die melkberge
dit bring skoenlappers;
openbaar liefde, hoop
ons soek nie die droogte;
vra allerhoogste
om reën te bring op land

so,

laat die wolke kom;
volke...

genesing bring;

oor alles

in blydskap

sing!



Engel vlerke


Daar is doustilte op witvlakte
wat sy laaste stuiptrekking gee
en son se strale wat die mistige
oggend deurbring om sy verskyning te
maak vir nuwe dag, na ’n lang nag,
word stilte gebreek deur kreet van arend
wat hoog in lug die wind in vlug
om sy prooi beter te kan vind...
engel vlerke sweef saam met wind;
land arend op kameeldoringboomtakke.



Skoenlapper


Wipper wapper,

vlieg skoenlapper
in die helderblou lug

tot uit ons sig...
vlerkies

tussendeur groen blaartjies
boomtakke wat speel

in die wind na ’n
wêreld onbekend
,

teer skoenlapper op
blomme se sagte sappies

van fluweel;
vlerkies vlieg

verby vinkel en koljander
pragtig is skoenlapper,

silwer-blou;
land op ligbruin sand

met swart voetjies;
helder
...

is silwer skoenlapper

vlerkies.


Spinnekoppe


kleure van die aarde:
rooi-bruin, swart-blou,

koperkleurig bond;
honderde ogies loer rond.


Wat spookwit spinnerakke bou
van satyn wit, silwer-blou,
wat aan aarde klou.



Die natuur


Orals geleë;

vat stadig om te groei;
saam met wind, sand

eerder...

stank na dank

vir reën...

nooit sal ween

oor droogte in land.



Stille nag


Dood/stil is die atmosfeer...

verdrink in misterie-wonders;

in die donkerte...

is dit middernag, en

alles pragtig.



Dolfyn


God het die wêreld pragtig gemaak

van water, sand en steen.


Niks kan ontneem word nie.

Niks kan beklee word nie.

Niks is tog perfek nie.


Maar jou siel is wel...

net soos dolfyne in die blou see,

kan niks verkeerd gaan nie.


God het die aarde perfek geskape.

Deur Sy goeie dade.



Dankbaarheid


Danbaarheid en waardeering

sal jou hart laat klop

vir liefde,

en jou oplig

uit selfs die diepste donkerste plekke,

sonder dankbaarheid

ontstaan selfsugtigheid;

teleurstelling in my oë...

so wees ’n reënboog

in ander se lewens,

jy’s mos nou mooi groot.











Download this book for your ebook reader.
(Pages 1-90 show above.)